Bom uit Wêreldoorlog ontplof in Dresden

’n Bom wat tydens die Tweede Wêreldoorlog in die stad Dresden  afgegooi was, is onlangs eers ontdek en moes bomdeskundiges poog om die bom onskadelik te maak.

Dresden in die Saksiese deelstaat in Duitsland het swaar deurgeloop onder die aanvalle van die Geallieerde magte.

Die bom het egter nie in 1945 ontplof nie, en is onlangs eers ontdek wat deskundiges genoop het om dit onskadelik te stel.

Inwoners van die omgewing waar die bom gevind is, is gewaarsku om die gebied te verlaat tot die bom onskadelik gestel is.

Die bom het egter gedeeltelik ontplof toe dit onskadelik gestel moes word, en die moontlikheid dat ’n opvolg ontploffing sou volg is nie uitgesluit nie.

’n Helikopter se hulp is ingeroep om die bom wat enige oomblik kon ontplof, weg te neem uit die stad, maar die bomdeskundiges sê hulle is onseker oor wat die ontploffing kon laat plaasvind.

Inwoners van die omgewing het vir minstens twee nagte weg geslaap van hulle woonplekke, naar die gebied is nou weer veilig verklaar.