Bestuurderslisensie bedrog

Die Nasionale Verkeer teen-korrupsie eenheid het verklaar dat die uitreiking van leerling lisensies die lewe van mense op paaie in gevaar stel.

Dit blyk dat een uit elke drie lisensies wat uitgereik word, vals is.  Die “koop” van bestuurderslisensies blyk ‘n winsgewende bedryf in Natal te wees.

Advokaat Johan Jonck van Arive Alive het bevestig dat dit bykans onmoontlik is om die omvang  van die korrupsie te bepaal aangesien “gekoopte” lisensies nie op die e-Natis stelsel opgespoor kan word nie.

Grootskaalse korrupsie by toetsstasies vind daagliks landwyd plaas