Baskiese beweging gooi handdoek in

Die Baskiese separatiste beweging ETA het die stryd om onafhanklikheid prysgegee na 50 jaar van weerstand teen die oorheersing van Spanje.

Die Baskiese deelstaat in die noord van Spanje, met ’n deel van sy besette gebied in die suide van Frankryk, word deur die meer gematigde Baske bestuur en regeer, maar die separatiste het gestreef na algehele onafhanklikheid.

In ’n brief wat die leiers aan ’n plaaslike koerant geskryf het, word dit duidelik dat die groep hulle strydbyl begrawe het en alle strukture is finaal ontbind.

Die leiers het ook aangekondig dat ’n finale skietstilstand ingestel is wat sedert April 2017 reeds gegeld het, en nou is alle wapens en ammunisie aan die owerheid oorgedra.

Generaal Franco het uit frustrasie met die Spaanse regering in 1959 die ETA tot stand gebring en ’n verbete stryd begin wat klaarblyklik nooit gewen kon word nie.

Oor die jare is meer as 800 mense gedood maar diegene wat erns gemaak het met die strewe na vryheid het al minder geword terwyl die nuwe geslagte, een na die ander, al minder ag gegee het op die vaders se strewes.