Armenië steeds in onrus gedompel

Die Armeniese kiesers wat in woede met gewelddadige optogte hulle ontevredenheid met die regering getoon het, is deur die opposisie party se leier, Nikol Pashinian, gemaan tot kalmte.

Die protes wat landswyd deur opposisieparty ondersteuners gevoer word, het ontaard in geweld toe polisiebeamptes hardhandig te werk gegaan het in hulle pogings om die optogte te stop.

Nikol Pashinian is verlede week verhinder deur die parlement om aangewys te word as die land se tydelike premier tot ’n ander aangewys is.

Die opposisieparty se parlementslede het gehoop dat die regerende party Nikol Pashinian se kandidatuur sou steun, maar dit het nie gebeur nie en die kiesers het in ontevredenheid die strate ingevaar.

Kiesers het in hulle derduisende begin om hoofpaaie te blokkeer en treinverkeer is tot stilstand gedwing, wat die land vir etlike dae in algehele chaos gelaat het.

Die parlement hou binnekort weer ’n verkiesing met die doel om dan ’n premier aangewys te kry.

Foto – Nikol Pashinian