ANC verwerp kandidate

Die uitvoerende komitee van die ANC het die drie kandidate wat genomineer is as die Noordwes premier verwerp.

Die ANC in Noordwes het die drie kandidate voorgelê aan die NUK maar dit blyk dat al drie “maatjies”  is van Supra Mahumapelo en dus van agter die skerms gemanipuleer kon word. Al drie kandidate se verlede is egter nie skitterwit nie met die Valke wat Manketsi Tlhape ondersoek en Susan Dantjie wat ‘n aktiewe verdediger is van Mahumapelo.