ANC verenig teen grondeienaars

Verskille is die naweek vir eers bygelê binne die ANC party strukture en is daar ooreengekom dat die vervreemding, (of te wel steel) van grond nou ‘n nommer een saak is vir die party.

Volgens die nuwe hoofman (sien RAMAphosa) beteken grondbesit vir hulle waardigheid, en is glo ’n status simbool, en dit gaan verder rondom identiteit en sekuriteit.

Dit is vreemd dat iemand grond moet “kry” (verniet) voordat hy waardigheid besit.  Dat grond jou identiteit bepaal en dat grond jou sekuriteit kan gee. Geen Afrikaner  beroep hom op besit van grond om menswaardig te wees nie,  inteendeel sonder grond toon menige blankes hul integriteit en waardigheid deur hul inherente vermoë om te werk en te presteer ten spyte van dinge soos SEB, kwotas en wat ook al.

‘n Blanke se identiteit is geleë in sy geloof, sy norme en waardes wat as riglyn dien,  maar juis as gevolg van hierdie inherente kenmerke van die Afrikaner word sy sekuriteit bedreig deur moordenaars en rowers.

Weens hierdie aangebore of verworwe vermoë om uit te styg en te presteer, sien andere dit as ‘n bedreiging vir hul menswees.  Vandaar die barbaarse moord op ons mense ( snaaks, selfs onder mekaar).

Vandaar die projeksie van skuld vir hul onvermoë om in ‘n westers-beskaafde omgewing mee  te ding op gelyke voet. Daarom die maklike uitweg om apartheid die skuld te gee wat bykans 25 jaar beëindig is.  Ons is terug by 1838 en ons volk staan voor sy grootste uitdaging nl. uitwissing.  Gaan ons dit willens en wetens aanvaar en berus daarby of dalk self askies vra vir ons verlede?  Nie so ’n moeilike vraag nie maar as die antwoord NEE is, dan sal ieder en elk moet besluit – ek is klaar met die reënboognasie en daadwerklik daaraan werk om weer vry te wees van onderdrukking en volksmoord.  Word wakker my volk!

Gert Pretorius