ANC krabbel terug oor Supra

Die Noordwes  provinsie se uitvoerende komitee het aangekondig dat Supra Mahumapelo nie bedank het nie maar tydelik verlof geneem het.

Dit volg nadat die ANC se nasionale amptenare Mahumapela aangesê het om te bedank anders word hy afgedank.

Mahumapelo wil nou klagtes teen sy teenstanders lê wat eis dat hy moet gaan, maar dié het gesê hulle sal hulle eis om sy bedanking verskerp.