Aktuaris HUB geskors

Die hoofuitvoerende beampte van Novare Aktuarisse en Konsultante is geskors.

Romeo Makhubela het ‘n swanger vrou, geïdentifiseer as Bianca Fourie, by ‘n wegneemete restaurant in die maag geslaan na ‘n dispuut oor ‘n parkeerspasie.

Fourie is sewe maande swanger en ondergaan gereelde ondersoeke om die toestand van haar ongebore baba dop te hou.

Die vinnige optrede van Novare Aktuarisse word oral geprys. Die voorval het op 6 Mei plaasgevind en Makhubela is reeds op 7 Mei geskors.

Regsaksies mag volg na die aanval op die vrou.  Intussen pleit hy onskuldig en probeer ‘n rasse voorval daarvan maak deur te beweer dat Fourie hom die gewraakte K-woord sou toegevoeg het.

Foto: Romeo Makhubela