AfD wen hofsaak teen Facebook

’n Hoërhof in Hamburg, Duitsland het ten gunste van die klaer, ’n leier van die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD), uitspraak gelewer dat Facebook nie genoeg gedoen het om haar te beskerm teen vulgêre opmerkings nie.

Alice Weidel , ’n medeleier van die AfD, het Facebook hof toe gedwing nadat ’n vulgêre opmerking teen haar verwyder is deur Facebook, maar dat die opmerking steeds gelees kon word omdat dit nie geheel en al verwyder is nie.

Die regter het in ’n sterk bewoorde uitspraak gesê die opmerking het die dame benadeel en die Facebook eienaars het nie genoeg gedoen om die opmerking onsigbaar te maak nie.

Die opmerking het haar as ’n Nazi en homoseksuele bestempel, en die Facebook eienaars moes deeglike werk gedoen het om die onwaarheid te verwyder, maar het dit op so ’n wyse gedoen dat dit nog gelees kon word.

Dit is nie bekend of verdere eise teen Facebook ingestel gaan word weens die nalatigheid van sy eienaars nie.