Aangekla maar steeds in haar pos

Brigadier Beauty Phahlane is steeds op haar pos in die SAPD ten spyte daarvan dat sy verhoorafwagtend is op klagtes van korrupsie.

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat het aanbeveel dat sy geskors moet word, maar daaraan word skynbaar geen gehoor gegee nie.

Sy is die vrou van Khomotso Phahlane , die vorige waarnemende polisie kommissaris en mede aangeklaagde in die saak.  Hy is wel intussen geskors.