140 transito rooftogte in 2018

Sedert Januarie 2018 het daar 149 kontant in transito rooftogte plaasgevind.

In 2006 was daar ‘n totaal van 460 vir die jaar.

In Mei 2018 het daar alleen 20 rooftogte plaasgevind. Voertuie word gestop en daarna met plofstof oopgeblaas. Die beplanning word met militêre presisie gedoen en uitgevoer, sê kenners.

Voor 1994 was daar ‘n klomp rooftogte wat die agterdog laat ontstaan het dat “verkeisingsgeld” bymekaar gemaak is deur onbekende partye.

Waarnemers vra os daar enige moontlikheid is dat politieke partye betrokke is by die georkestreerde rooftogte.

Intussen het sekuriteitswagte in die Oos-Kaap ‘n rooftog afgeweer deur een voertuig van die pad te druk en na die Kinkelbos polisiestasie te ry.