Wêreld Nuusflitse – 30 April

 

Australië

Die regering van Australië het besluit om $500 miljoen beskikbaar te maak vir die redding van die wêreld se grootste koraalrif wat tans bedreig word.

 

VSA

President Donald Trump het weer vanjaar, soos die vorige jaar, die jaarlikse spog maaltyd met joernaliste geïgnoreer en nie bygewoon nie om daarmee sy siening van die beroepslui te demonstreer. Hy slaag daarmee om die joernaliste te laat besef wat hy van hulle eensydige beriggewing dink.

 

Spanje

Kiesers van die Spaanse deelstaat Katalonië het hulle eis om onafhanklikheid voortgesit deur die afgelope naweek ’n handevat ketting te vorm wat meer as sewe kilometer lank is, en van die jonger lede het ’n bekende landmerk uitgeklim om die aandag op hulle strewe te vestig.