Wêreld Nuusflitse – 25 April

Meksiko

Javier Valdez, ’n bekende joernalis, se moordenaar is deur die Meksikaanse polisie opgespoor en in hegtenis geneem, en dit word as ’n groot deurbraak vir persvryheid beskou.

 

Kanada

Minstens tien mense is gedood en talle beseer in Toronto, Kanada toe ’n voertuig tussen die skare ingeploeg het, en die polisie sê dit is nie ’n terreur aanval nie, maar die bestuurder is opgespoor en in hegtenis geneem.

 

VSA

’n Passasier wat op ’n vlug van Delta Air Lines ’n appel gekry het, het dit gebêre om later te geniet, maar is op ’n lughawe in die VSA met $5000 beboet omdat sy dit nie verklaar het nie.