Weermaglid vas oor motordiefstal

‘n Weermaglid is een van ‘n sindikaat van drie persone wat deur die polisie in die noorde aangekeer is vir motordiefstal.

Een van die voertuie wat ook teruggevind is, is ‘n luukse weermagvoertuig wat vir belangrike persone se vervoer gebruik word.

Drie lede van die sindikaat het meer as veertig gesteelde en gekaapte motors aan inwoners van die Nzhelele-gebied verkoop.

Die polisie het ook beslag gelê op twee vuurwapens, blou ligte, klapmusse en ‘n bedrag in kontant.

Die gearresteerdes bly in aanhouding tot hulle saak weer volgende maand in die hof voortgaan.