VSA wys nuwe ambassadeur aan vir Duitsland

Die Amerikaanse Wit Huis het bevestig dat die nuwe ambassadeur in Duitsland, Richard Grenell, aangestel en deur die Senaat goedgekeur is.

Die aankondiging kom in dieselfde tyd as wat kanselier Angela Merkel ’n amptelike besoek bring aan Amerika.

Die Amerikaanse Senaat het met ’n meerderheid van 56 teen 42 stemme ten gunste van Richard Grenell gestem, wat daarop dui dat die stemming hoofsaaklik partygebonde was.

Die 51-jarige Grenell was voorheen werksaam as die woordvoerder van Amerika in die Verenigde Nasies, maar vervang nou die vorige ambassadeur John Emerson wat reeds in Januarie 2017 die diens verlaat het.

John Emerson is die eerste persoon wat deur president Trump in ’n pos aangestel het wat openlik erken dat hy ’n homoseksuele is.

Waarnemers wys op die merkwaardige dat kanselier Merkel se besoek aan die Wit Huis so kort na die Franse president se besoek volg. Dit laat die indruk dat die twee Europese leiers dit doelbewus so gereël het met die oog daarop om Trump te oorreed om nie te torring aan die kernverdrag van Iran nie.

Foto – Richard Grenell