VSA wil optree ten Saoedi oor 11 September

Die Amerikaanse regering oorweeg ernstige geregtelike stappe teen Saoedi Arabië wat daarvan beskuldig word dat hulle verantwoordelik is vir die aanval op die Amerikaanse Wêreld Handelsentrum op 11 September 2001.

Alhoewel die regsgeding moontlik deur twee bankiers en ’n konstruksiemaatskappy oorweeg word, maak hulle glo staat op moontlike regeringsondersteuning.

’n Regter in New York het verlede week ’n dokument uit Saoedi ontvang wat versoek dat die saak uitgegooi word aangesien die land nie betrokke was by die aanval nie.

Kenners wys daarop dat ’n regsaak miljarde dollar se eis kan meebring teen Saoedi Arabië indien hulle skuldig bevind sou word.

Die ontmoeting vind plaas voor die kommunis, Kim Jong-Un in Mei vanjaar ’n ontmoeting het met president Donald Trump van Amerika in die Sweedse hoofstad.

Gerugte doen die rondte dat Kim Jong-Un se besoek van vier dae in Sjina ’n skoling ingesluit het wat hy moet sê aan president Trump, maar het ook kennis gekry dat Sjina van hom verwag om sy kernwapenprogram te staak.