VSA ontwikkel hipersoniese missiel

Die Lockheed Martin maatskappy het $928 miljoen ontvang van die Amerikaanse regering vir die ontwikkeling van ’n hipersoniese langafstand missiel.

Die kontrak sluit al die elemente in van ’n konvensionele langafstand missiel wat gelanseer kan word van ’n vegvliegtuig.

Die inligting is pas deur die Amerikaanse Pentagon vrygestel en het daarop gewys dat die missiel ontwikkel word om mee te ding met die Sjinese en Russiese missiele.

Sjina het reeds ’n hipersoniese missiel wat ’n reikafstand het van ’n paar duisend kilometer en Rusland beskik oor ’n soortgelyke missiel.

Die hipersoniese missiel se spoed is sodanig dat dit enige bestaande missiel afweerstelsel verby gaan sonder om afgeskiet te word.

Die Sjinese missiel verander van rigting en kan dus verby ’n afweerstelsel beweeg teen ’n geweldige hoë spoed.

President Vladimir Poetin het vroeër beweer dat Rusland se nuwe hipersoniese missiel teen ’n spoed tien keer vinniger as klank is en dat geen bestaande stelsel dit kan afskiet nie.