VSA Demokrate dagvaar Russe en Trump

Die Demokratiese Party in Amerika het besluit om met ’n hofgeding te begin teen die Donald Trump verkiesingspan, die Internet reus Wikileaks en Rusland wat daarvan beskuldig word dat hulle die presidentsverkiesing in 2016 ontwrig het.

Die regsverteenwoordigers van die linkse Demokratiese Party beweer dat die president Trump opgeklits was met die Russiese regering se militêre intelligensiediens met die doel om die Demokratiese Party en hulle kandidaat, Hillary Clinton, te benadeel.

Benewens die drie wat gedagvaar word, is die naam van president Trump se skoonseun, Jared Kushner, ook ter sprake.

Volgens die hof dokumente word ook verwys na Donald Trump jnr. wat glo gekommunikeer het in Wikileaks  se platform.

Sie Demokratiese Nasionale Komitee sê Moskou het ’n aanval gedoen op die Amerikaanse demokrasie deur onttrekking van e-posse en ander dokumente en hulle geplaas in Wikileaks se platforms.