Vreemde vriendskap laat vrae hang

Die vreemde vriendskap tussen president Donald Trump van Amerika en die president van Frankryk, Emmanuel Macron, het na vore gekom toe die twee staatshoofde met hulle uiteenlopende politieke beskouings mekaar met ’n kus op elke wang gegroet en omhels het soos twee wat mekaar ’n dekade laas gesien het.

Die Franse president, wat min staatshoofde van die wêreld as vriende het, was die geleentheid gegee om die Amerikaanse Kongres toe te spreek, en het net soos president Trump, baie klem gelê op die feit dat Frankryk ’n Amerika vir meer as 200 jaar getroue bondgenote is.

Hy het ’n ligte vuishou na Trump gemik in sy toespraak toe hy gesê het Amerika sal vroeër of later terugkeer na die Parys Ooreenkoms oor klimaatsverandering, en bygevoeg dat die eeue lange bondgenote mekaar weer sal vind op die gebied.

Hy het egter nie net daar gestop nie, maar ook uitgevaar ten nasionalisme, die feit dat die VSA onttrek het uit die Vrye Handel Ooreenkoms en die gevaar om Iran se kernwapen Ooreenkoms te kanselleer om ’n nuwe een aan te gaan.

Hy het ook gevra dat die Amerikaanse Kongres weer sy betrokkenheid moet toon in die wêreld se gebeure, wat deur waarnemers beskou word as ’n ernstige aanklag teen president Trump met wie hy ’n “kunsmatige” vriendskap het.

Die linkse Demokrate het na afloop van die Macron toespraak gesê hulle hou baie van wat gesê is en toon die spreker het aangetoon wat die Trump-regering se tekortkominge is.

Foto – President Emmanuel Macron