Vragmotors brand op N3

Minste 18 vragmotors is naby die Mooi Rivier tolhek op die N3 hoofweg aan die brand gesteek deur oproerige swartes. Hulle het eers die vragmotors geplunder voordat hulle dit aan die brand gesteek het.

Die verskoning blyk te wees dat hulle protesteer teen die indiensneming van buitelandse vragmotor bestuurders.

Die verkeer is ernstig beïnvloed op die besige roete waar duisende vakansiegangers  op pad is oor die lang naweek. Die pad is steeds gesluit sodat opruimingswerk kan plaasvind.

Geen arrestasies is sover gemaak nie en polisieversterkings is ingeroep om “die situasie dop te hou”..

‘n Landswye staking deur vragmotor bestuurders kon nie bevestig word nie.  Skade beloop miljoene rande aan vragmotors en goedere.