Volkswagen mik na reuse oorname

Te midde van die reuse bedrae wat die Duitse voertuigvervaardiger, Volkswagen, moes betaal aan boete en vergoeding weens die diesel skandaal, mik die maatskappy na ’n groot oorname.

Die swaarvoertuig afdeling van Volkswagen oorweeg ’n volledige oorname van die Amerikaanse Navistar International swaarvoertuig vervaardiger.

Volkswagen oorweeg glo die moontlikheid om te kompeteer met die twee groot vervaardigers, Daimler en Volvo wat tans die mark oorheers in veral Europa en die Skandinawiese lande.

Volkswagen se Trok en Bus Afdeling het Maandag laat blyk dat so ’n oorname oorweeg word wat beteken dat hulle wegspring met die bestaande markaandeel van 17%.

Volgens ’n woordvoerder van Volkswagen bestaan daar reeds ’n goeie verhouding tussen die twee vervaardigers, wat verder onderhandelinge kan vergemaklik indien daar voortgegaan sou word om die gedagte deur te voer.

Foto – Navistar International vragmotor