Trump verskerp invoerbelasting teen Sjina

Die Amerikaanse president, Donald Trump het opdrag gegee aan die Amerikaanse handelsowerheid om oorweging te gee aan die instel van verskerpte belasting op Sjinese goedere ter waarde van $100 miljard.

Die verskerpte heffing volg nadat Sjina in reaksie op die eerste aankondiging, ook ’n invoerheffing ingestel het teen goedere afkomstig uit die VSA.

Die eerste heffing wat op Sjinese goedere ingestel is, beloop sowat $50 miljard, wat daarop dui dat die Amerikaanse president poog om invoere uit Sjina te verminder en eerder alternatiewe produkte uit ander lande aan te koop.

Die heffings wat Sjina ingestel het op Amerikaanse goedere kan ’n negatiewe uitwerking hê op die landbou aangesien miljarde dollar se vrugte, groente en vleis daarheen uitgevoer word wat moontlik weens mededinging elders aangekoop kan word.

President Trump het die heffings ingestel wens die nadelige handelsbalans wat Amerika toon met Sjina, wat tot nou toe reuse handelsoorskotte getoon het vir goedere aangekoop uit die VSA.