Trump eindelik onskuldig bevind

Die Inligtingskommissie van die Republikeinse Party in die Amerikaanse Huis van Afgevaardigdes het in sy finale verslag aangedui dat geen bewyse gevind kon word dat die Republikeinse verkiesingspan ’n skakeling met Rusland gehad het nie.

Die Republikeine het Vrydag hulle verslag vrygestel waarin dit ook na vore kom dat president Donald Trump geen verbinding met Rusland gehad het tydens die verkiesingsveldtog nie.

Die vêrlinkse Demokrate en die uiters liberale CNN televisiekanaal het met woede en ’n veldtog wat grens aan haatspraak uitgevaar teen die Republikeine, en die Washington Post het ook sy negatiewe berigte geplaas.

President Trump het daarna gesê die verslag toon weereens die groot bedrog wat deur die Demokrate gepleeg is in ’n poging om hom te benadeel.