Tesla roep duisende motors terug

Die tegnoloog, Elon Musk, se Tesla motorvervaardigers moes dringend optree en 123 000 van sy Model S motors terugroep nadat ’n ernstige vervaardigingsfout in die stuurmeganisme gevind is.

Die optrede volg kort nadat een van die Tesla motors in ’n ernstige ongeluk betrokke was en die vervaardiger nou vervolging deur die Amerikaanse regering in die gesig staar.

Tesla se beste verkoper is die groot en luukse elektriese Tesla Model S, en die terugroep beteken dat elke voertuig se kragstuur eenheid moet nagegaan word om aan te pas by die winterweer omstandighede.

Tesla se woordvoerder het later gesê dat slegs 0.02% van sy verkoopte voertuie hierdeur geraak word.

In 2015 moes Tesla sowat 90 000 motors van sy Model S terug roep weens ’n fout by die veiligheidsgordels, maar dit is gou reggestel.

Foto – Tesla Model S