Spioen Skripal se toestand verbeter daagliks

Dit is nie net sy dogter se gesondheidstoestand wat aan die herstel is nie, want die afgelope naweek het ’n woordvoerder van die hospitaal waar hy behandel word teen die chemiese gifstof wat beide pa en dogter by die dood laat omdraai het, gesê die voormalige Russiese spioen en dubbele agent se toestand het aansienlik verbeter.

Die beskuldiging dat Rusland verantwoordelik is vir die moord poging op die dubbele agent en sy dogter het daartoe gelei dat 29 Westerse lande uit solidariteit met Brittanje aangekondig het dat hulle diplomate van Rusland kennis gegee het om die land te verlaat.

Amerika het 60 diplomatieke personeel aangesê om die land te verlaat, en Rusland het ook aangekondig dat hy 60 Amerikaners versoek het om Rusland te verlaat.

Die woordvoerder van Salisbury Distrik Hospitaal het die naweek gesê Sergei Skripal reageer uitstekend op die behandeling en is reeds buite gevaar, terwyl sy dogter Yulia eersdaags uit die hospitaal ontslaan sal word.

Vroeër is gerapporteer dat die spioen omgekom het na die aanval op hulle by sy woonhuis in Londen.