Sonpanele verkoop soos soetkoek

In Europese lande verkoop sonpanele deesdae soos soetkoek in ’n poging om minder afhanklik te wees van die gas wat vanaf Rusland ingevoer word.

Die sanksies teen Rusland, en die wye reaksie uit Europese lande wat Russiese diplomate terugstuur na Rusland het die vrees laat ontstaan dat president Vladimir Poetin die gas lewering kan inkort.

Om seker te maak dat huishoudings voldoende energie het, word sonpanele op groot skaal geïnstalleer wat die gasverbruik aansienlik laat daal.

Duisende sonpanele is die afgelope maand reeds verkoop, en vervaardigers daarvan ondervind moeite om in die groot vraag te voorsien.

Intussen het die Nederlandse regering aangekondig dat hulle die gasaanleg in die provinsie Groningen binne die volgende twaalf jaar gaan sluit as gevolg van toenemende aardbewings wat in die gebied voorkom en wat eiendom beskadig.