Slagting op paaie

Soos met meeste ander lang naweke, het ook die huidige lang naweek weer ontaard in ‘n slagting op paaie.

In die PWV-geboed is reeds agt mense in motorongelukke dood, en in Noord-Transvaal en Oos-Transvaal is ook talle mense al in ongelukke dood. In Oos-Transvaal is verskeie voetgangers ook doodgery nadat hulle skynbaar onder die invloed van drank was.

In die Wes-Kaap is minstens 50 mense in hegtenis geneem vir verskeie verkeersoortredings. By Mosselbaai is ‘n motoris agter tralies geplaas nadat sy alkohol perk vyf keer meer was as die wettige perk. Sover is vyf mense in die Wes-Kaap dood in ongelukke.