Skud die geldsak

In ‘n 89-bladsye aanklag van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) word uiteengesit hoe Schabir Shaik en die Franse wapen vervaardiger Thales gesamentlik die vorige president van die land, Jacob Zuma, omgekoop het met ‘n reeks betalings. In totaal was daar 783 betalings wat meer as R4 miljoen beloop het.

Daar word verder beweer dat Thales en Shaik saamgesweer het met Zuma rondom sy beskerming in die wapen ondersoeke teen ‘n “fooi” van R500 000 per jaar.

Foto: Shabir Shaik