SA steeds grootste vigs.land

Die ANC minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het erken dat Suid-Afrika steeds die land in die wêreld is met die hoogste getal MIV/Vigs-pasiënte.

Hy sê die pasiënte met dié siekte neem nog daagliks toe, en hy voorsien nie dat dit gaan afneem nie.

Van die 21 miljoen mense wat wêreldwyd met die siekte saamleef, is meer as vyf miljoen in Suid-Afrika.