Polisie gekaap

Twee polisie beamptes is in Umbilo Natal voorgekeer deur twee gewapende mans en beroof van hul polisievoertuig asook hul vuurwapens.

Die verlate voertuig is later gevind by Clearance in die Umbilo omgewing.

Die swak gehalte opleiding wat die polisie ontvang, word as rede vir die suksesvolle kaping aangegee, en dit beteken dat rampokkers op so ‘n wyse maklik polisiewapens in hande te kry om verdere misdade mee te pleeg.

Intussen is twee polisie offisiere gearresteer in Kaapstad vir omkopery.

Die publiek is besig om steeds meer vertroue in die polisie te verloor.