Panama onttrek ambassadeur uit Venezuela

Venezuela het aangekondig dat die handelsverhouding met Panama firmas en die owerheid sodanig versleg het dat diplomatieke verbintenisse ook afgesny word.

Volgens ’n woordvoerder van die regering in Venezuela het die toestand versleg nadat Panama gesê het die president van Venezuela, Nicolas Maduro, word as ’n hoë risiko beskou vir sy geldwassery.

Venezuela het verlede week aangekondig dat hy alle handelsbande met Panama maatskappye verbreek, asook met sekere owerheidsinstansies.

Te midde van die swak ekonomiese toestand in Venezuela, het verskeie instansies steeds dienste gelewer aan die land met die vertroue dat die ekonomiese krisis uiteindelik beëindig sal word.

Die optrede van Venezuela het egter daartoe gelei dat die Panama ambassadeur teruggeroep is en die daarmee is die diplomatieke verhouding verder versleg.

Na wat berig word, het 46 firmas van Panama steeds diens gelewer aan Venezuela, maar dit kom glo nou tot ’n einde, wat die land wat reeds tegnies bankrot is, nog dieper die afgrond in laat.

Intussen word beweer dat verskeie parlementslede van Panama, asook hul president, Juan Carlos Varela, betrokke is by geldwassery, maar woordvoerders van Panama het die bewerings heftig ontken.