Oostenrykse tiener vergesel leiers na China

Oostenrykse leiers het ’n amptelike besoek gebring aan Sjina met die doel om ekonomiese bande te versterk, en het dit ingekleur deur ’n jong dogtertjie van 7 jaar saam te neem as die land se jongste Mozart.

Die jong musikant het tydens ’n plegtige geleentheid ’n musiek uitvoering lewer voor die hoë lui van die Sjinese sakewêreld en vername politici, waarvan die land se president, Xi Jinping, een was.

Oostenryk se jong eerste minister, Sebastian Kurz, en die land se president, Alexander Van Der Bellen, is deur die Sjinese president onthaal waarna indringende gesprekke gevolg het oor ekonomiese samewerking.

Die Oostenrykse afvaardiging van 250 mense is die grootste ooit in die diplomatieke geskiedenis van die land.