Olie besoedeling veroorsaak chaos

Die minister van energie in Indonesië beweer dat ’n vragskip wat steenkool vervoer, ’n oliepyplyn beskadig het wat ’n massiewe olie besoedeling veroorsaak het.

Minstens vyf mense het omgekom in die vuur wat sowat 60 kilometer van die kus ontstaan het terwyl verskeie mense ernstige brandwonde opgedoen het.

Die Indonesiese owerheid se energie maatskappy het die blaam vir die chaotiese toestand aan die deur van die skeepskaptein gelê wat glo verantwoordelik gehou word vir die skade wat aan die ondersese olie pyplyn veroorsaak is.

Groot olie besoedeling bedreig die Balikpapan on Borneo eiland waar sowat 13 000 hektaar oppervlakte besoedel is wat die owerheid verplig het om ’n noodtoestand af te kondig.

Die lekkende olie het aan die brand geslaan en ’n vissersboot aan die brand laat raak wat tot die dood van die vyf mense gelei het.

Diepseeduikers met beskermde klere het etlike ure gewerk om die beskadigde pyplyn te herstel, en ’n beskadigde stuk van nagenoeg 100 meter is uiteindelik vervang.