Nuwe politieke party vir Britte

Planne om in Brittanje ’n nuwe politieke party te stig, word reeds sedert 2016 op geheimsinnige wyse beraam wat die bestaande orde omvêr kan gooi.

Die nuwe party, wat toegang het tot ’n fonds van sowat £50 miljoen, word deeglik beplan en bestaan reeds uit donateurs, sakelui en politici uit konserwatiewe sowel as liberale kampe.

Die te stigte party glo dat die bestaande Westminster tydperk verby en uitgedien is, en vervang moet word met ’n meer dinamiese bedeling.

’n Voormalige Arbeidersparty ondersteuner, en welbekende miljardêr in Brittanje, Simon Franks, het ’n span denkers en kundiges saamgetrek wat nou vir byna twee jaar besig is om die politieke rigtings te evalueer en alternatiewe te ondersoek.

Die skerp verdeeldheid wat bestaan in die Britse politiek, die twyfel oor Brexit se uiteindelike uitkoms, die swak leierskap en gebrek aan nuwe inisiatiewe is van die hoofredes waarom die span aan die werk is.

Simon Franks het ’n voltydse span in sy personeel wat nou al meer as ’n jaar besig is om op vertroulike wyse gegewens in te win, menings te bekom, medewerkers te versamel, om uiteindelik met ’n deeglike en goed deurdrenkte program na vore te kom.

Foto – Simon Franks