Noord-Korea kernwapens onstabiel

Noord-Korea se belofte van 10 Maart vanjaar om te stop met sy kernwapen toetsprogram het klaarblyklik die ganse wêreld mislei omdat dit nie beteken dat hy sy kernwapens gaan vernietig nie.

Die kommunistiese leier het reeds gesê dat die toetsprogram gestop word aangesien hy reeds bereik het wat ten doel gestel is.

Die staking van kernkrag missiel toetse is deur president Donald Trump verwelkom, en waarskynlik gesien as ’n stap in die rigting van vernietiging van sy kernwapens en die hele program, maar kenners betwyfel dit alhoewel die vermoede bevestig is dat die kernkrag missiele ’n onstabiele element bevat wat verklaar waarom daar dikwels mislukkings is met die lansering.

’n Sjinese deskundige beweer dat Noord-Korea tans onbekwaam is om verdere kerntoetse uit te voer in die noorde van die land.

Die Sjinese Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie het in ’n verslag gesê ’n evaluasie is gedoen oor die sogenaamde aardskudding wat Noord-Korea beweer het is as gevolg van kerntoetse, maar die seismiese gegewens toon dat die ontploffing meer as agt minute later eers plaasgevind het, wat bewys dat dit nie ’n kernkrag ontploffing was nie, en as dit een sou wes, dit uiters onstabiel is.

Dit is ook gevind dat die lanseerbasis deur ’n foutiewe missiel sodanig beskadig is dat die basis nie weer gebruik kan word nie, wat deels verklaar waarom toetse gevries is.

Deskundiges se vermoede word al sterker dat die kernprogram tegnologies ’n klaaglike mislukking is, en die land in ’n enorme finansiële krisis gedompel het.

Om dit reg te stel, moet Kim Jong-Un probeer om die morele hoë grond te behou deur onderhandelings aan te knoop met sy aartsvyande.