Noord en Suid werk na volle vrede

Wêreldleiers het met twyfel verneem van die voorneme wat Noord Korea en Suid Korea se leiers om ’n ooreenkoms aan te gaan dat hulle nie net vir ’n lang toekoms van vrede in die skiereiland gaan werk nie, maar ook ’n kernwapen vrye gebied wil sien.

Kim Jong-Un en sy eweknie, Moon Jae-in, het aan die media gesê dat ’n ooreenkoms bereik is en dat die einde van ’n oorlog ook later onderteken sal word om te verseker dat die skiereiland ’n gebied van vrede is.

Beide het daarop gewys dat dit nie gou bereik sal word nie en dat daar nog ’n lang pad is wat gesamentlik geloop moet word, maar Kim het onderneem om sy kernkrag aanleg gedurende Meimaand te vernietig.

Die twee leiers sal weer in Meimaand vergader wat op uitnodiging van die kommunistiese Kim Jong-Un gevra het dat dit in die noorde plaasvind.

Intussen word reëlings getref vir die ontmoeting tussen Kim Jong-Un en die Amerikaanse president, Donald Trump, wat binne enkele weke gehou sal word.