Mynbus met petrolbom aangeval

‘n Bus wat werkers in die Limpopo gebied vervoer is deur onbekende aanvallers met petrolbomme aangeval.  Ses werkers is dood in die aanval en 44 beseer.

Onrus in die verarmde deel van die land duur al geruime tyd voort en in sommige gevalle is myne gesluit. Polisie word beskuldig dat hul nie optree teen die opstokers nie.

Intussen is die publiek verstom oor die skielike groot beloning wat uitgeloof is vir enig inligting wat kan lei tot die daders se inhegtenisneming.