Motoriste gaan tande kners

Motoriste moet hulle solank staal vir ‘n skerp verhoging in die brandstofprys vroeg in Mei.

Dit is omdat die prys van Brent ruolie op sy hoogste vlak is in drie jaar. Dit het gestyg tot $74,90 per vat.

Die OPUL-lande het julle produksie minder gemaak, en ook die moontlikheid van hernieude Amerikaanse sanksies teen Iran, wat OPUL se derde grootste olieprodusent is, het ‘n invloed hierop.

Intussen daal die rand ook weer nadat die Ramaphosa wittebrood verby is. Die twee faktore saam, kan lei tot ‘n stewige styging in die brandstofprys. Vroeër hierdie maand is die prys ook drasties verhoog, veral nadat ‘n bykomende staatsheffing by die prys gevoeg is.