Mjanmar gee amnestie aan duisende

Die regering van Mjanmar het pas aangekondig dat amnestie verleen word aan meer as 8 500 mense wat in tronke is, en waarvan 36 politieke aangehoudenes is.

Onder diegene wat amnestie ontvang, is ook 51 buitelanders wat deur die presidensiële besluit vrygelaat word.

Mjanmar gaan gebuk onder erge verdeeldheid tussen die verskillende geloofsgroepe wat meegebring het dat duisende Moslems die land uitgevlug het uit vrees dat hulle doodgemaak sal word.

Dit is glo die eerste stap wat deur president Win Myint geneem is in ’n poging om die vrede te herstel nadat die bewind oorgeneem is van die militêre regering.

Blykbaar is meer as 6 000 wat amnestie ontvang, in die tronk aangehou weens hulle betrokkenheid by dwelmsmokkelary.

Aung San Suu Kyi, wat etlike jare gelede ’n Nobelprys vir Vrede ontvang het, sou as president aangewys word, maar die land se grondwet verbied dit omdat haar twee kinders Britte is soos haar oorlede man,.

Foto – Aung San Suu Kyi