Meksiko en EU hersien handelsooreenkoms

Die regering van Meksiko en die Europese Unie (EU) het ’n ooreenkoms bereik om die vrye handel kontrak te hersien en te vernuwe, klaarblyklik om die stram betrekkinge met Amerika te vervang.

Die ooreenkoms stuur ’n duidelike boodskap aan president Donald Trump van Amerika dat sy invoerbelasting met Meksiko nie noodwendig belemmerend is nie.

Die ooreenkoms is bereik na maande se onderhandelings tussen Meksiko en die EU bestuur, en alhoewel daar nog ’n paar tegniese probleme bestaan, blyk dit dat die ooreenkoms die Meksikane se invoere uit die VSA drasties kan verminder.

’n Woordvoerder van die EU het die naweek gesê die ooreenkoms spreek ook die uitdagings aan wat in die 21ste eeu op die wêreld wag.

Die EU sê die ooreenkoms rig ook ’n boodskap aan ander bondgenote dat dit moontlik is om tot beide ’n voordelige bedeling te vestig wat vrye en regverdige handel betref.

Die ooreenkoms is van groot belang vir Meksiko nadat President Donald Trump besluit het om die VSA te onttrek uit die Noord Amerikaanse Vrye Handel Ooreenkoms wat ondermeer ook Meksiko ingesluit het.

Twee weke gelede het die Amerikaanse president te kenne gegee dat hy sal terugkeer na die Vrye Handel as die ooreenkoms aangepas kan word.

Die EU is tans ook besig met onderhandeling om Australië en Nieu-Seeland te betrek, en het reeds ooreenkomste met Indië en Singapoer.