Mahumapelo klou soos Zuma

Terwyl die Noordwes provinsie aan die brand is omdat inwoners wil het dat die premier, Supra Mahumapelo, moet vertrek, klou hy aan die mag op ‘n soortgelyke wyse waarop Jacob Zuma aan sy mag geklou het, voordat hy uiteindelik verwyder is.

Intussen het drie van die ANC se vier streke in die provinsie vir Mahumapelo in die bresse getree en sê nou dat die eise dat die premier moet bedank, ‘n heksejag is deur diegene wat nie Cyril Ramaphosa in aanloop tot die ANC se verkiesingskonferensie in Desember verlede jaar, gesteun het nie.

Daar word ook beweer dat daar planne sou wees om Mahumapelo te vermoor. Verlede week het Julius Malema ook beweer dat daar planne is om hom te vermoor.