Magashule aangekla in Bethlehem

Strafregtelike klagtes in terme van die voorkoming van korrupte aktiwiteite is teen die ANC se sekretaris-generaal, Ace Magashule gelê in die Bethlehem polisiestasie.

Dit spruit uit die Vogelfontein behuisingsprojek in Bethlehem en daar word beweer dat Magashule, as destydse premier van die Vrystaat, tenderprosedures omseil het om te verseker dat ‘n Sjinese firma die kontrak sou kry.  Sy dogter word verbind met Unital Holdings as een van die direkteure.

R70 miljoen is betaal vir die oprigting van 1050 huise,  maar slegs 558 is voltooi sonder toilette, krag en water. Magashule word ook deur die Valke ondersoek vir sy aandeel in die Vrede Melkplaas waarin die Guptas sowat R570 miljoen gemelk het.