Mafikeng chaos en “superman”

Die hoof roete in Mahikeng  was geblokkeer deur die SAPD na chaos en wetteloosheid uitgebars het onder ANC en gemeenskapslede.

‘n Oproep deur die sogenaamde Revolutionary Council in die Noordwes gaan oor eise dat die premier van die provinsie moet bedank.

Die ANC skerm vir Supra Mahumapelo en sê dat die beskuldigings van korrupsie nie bewys is nie.

‘n Vragmotor se sleepwa is aan die brand gesteek net buite Mafikeng, terwyl strate oudergewoonte weer deurgeloop het onder brandende bande, rommel en klippe.

Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om die oproeriges uit mekaar te jaag.

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het aangekondig dat hy sy besoek aan Brittanje kortknip om aandag aan die probleme in Noordwes te gee, en daar word met belangstelling gewag om te sien of hy van Mohalopelo, ‘n Zuma-ondersteuner, gaan ontslae raak.

Botswana  het intussen besluit dat die grensposte in en uit Botswana in die Mahikeng gebied gesluit sal wees vanaf Donderdag 19 April 2018.  Selfs van die buurlande se regerings voel nie meer veilig oor die gebeure in SA nie

Mnr. Fanie du Toit, onderleier VF Plus Noordwes, reken op sy beurt dat die onluste beklemtoon die vlak van skade wat die ANC die provinsie berokken.

Hy sê die VF Plus neem kennis van en is bekommerd oor gerugte dat twee persone reeds dood is in ‘n tweede dag se botsings tussen die polisie en protesgangers in Mafikeng wat nou lamgelê word deur die ANC se onvermoë om sy binnegevegte binne die party te hou.

Die VF Plus is veral bekommerd dat die geweld na die res van die provinsie kan uitbrei weens die hardnekkigheid van Mahumapelo om nie te bedank as premier nie, en die ANC se gebrek aan politieke leierskap om van hom ontslae te raak.

“Suid-Afrika loop die gevaar om ‘n polisiestaat te word met die polisie wat ontevrede inwoners in toom moet hou terwyl korrupte politici op hoë vlak beskerm word,” sê mnr. Du Toit.