Maak voertuie Dinsdag vol

Eerskomende Woensdag tree daar weer ‘n stewige brandstofprys verhoging in werking, en sal dan ‘n rekord prys behaal.

Motoriste word aangemoedig om Dinsdag hulle voertuie, en dalk selfs nog ‘n paar brandstofhouers ook, vol te maak voordat die prys van petrol Woensdag styg met 49 sent per liter en diesel met 59 sent per liter. Lampolie sal 69 sent per liter duurder wees.

Die hoë olieprys is die grootste sondebok, alhoewel die daling in die rand se waarde as gevolg van onseker regeringsbeleid, ook ‘n groot rol hierin speel.