Loopfone verbied by grensposte

Nadat ‘n vroulike doeanebeampte op sosiale media opslae gemaak het oor haar kuiersessies op haar foon terwyl sy reisigers gehelp het by grensbeheer, het die regering nou skielik alle loopfone se gebruik by grensposte verbied.

Dit is egter nie beamptes se gebruik wat verbied is nie maar dié van die publiek! Reisigers sê dat Binnelandse Sake bang is dat nog werkers uitgevang kan word wat nie hul werk verrig nie.

Beheer beamptes by Beitbrug word daarvan beskuldig dat hul toeriste intimideer en dat deurgang prosedures soms drie ure neem terwyl die Zimbabwe doeanebeheer binne 30 minute geskied.