Lesufi skree rassisme oor ‘n pop

‘n Pop wat die omstrede LUR vir Onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, uitbeeld, word nou ook as ‘n rasse-aanval beskryf, met die gevolg dat alle radikale groepe weer op die anti-blanke wa geklim het.

Lesufi sê hy sal eerder allerhande name genoem word as om toe te kyk en niks te doen aan “die onreg van die verlede nie.”

Skynbaar is die pop met ANC-klere aan ‘n boom buite die Departement van Basiese Onderwys in Pretoria gehang met ‘n bord daarby waarop staan dat hy Afrikaans verkrag.  Lesufi is ‘n venynige teenstander van Afrikaanse skole, en doen sy bes om die laaste skool dubbelmedium of eentalig Engels te maak.

Daar word nou ook beweer dat hy doodsdreigemente gekry het.

Die EFF sê die “meerderwaardigheid van wit Suid-Afrikaners teenoor swart Suid-Afrikaners moet tot ‘n einde kom” en die transformasie van Afrikaanse skole is van die uiterste belang.

Die PAC eis ook dat meer gedoen moet word “om die ongelykhede van die verlede reg te stel” en dat die voorval nie ‘n aanval op Lesufi as individu of die ANC was nie, maar op swartmense in die algemeen.

Die Minister van Kommunikasie, Nomvula Mokonyane, het gesê die regering sal nie enige vorm van rassisme in die land duld nieen dat die voorval onaanvaarbaar is.

Die Menseregtekommissie sê die debat oor rassisme en wie rassisties kan wees, duur voort en voorvalle word deur wit en swart mense aangemeld.