Land in chaos dag 3

Alhoewel Zwelinzima Vavi se optogte teen minimum lone in die meeste sentra  vreedsaam verloop het, het chaos weer voortgeduur dwarsdeur die land.

Daar het egter wel ‘n video op sosiale media verskyn en daar word beweer dat dit geneem is tydens die optog in Johannesburg, en waarop duidelik gehoor kan word hoe die voorbok sing “kill the boer, kill the farmer”.

Chaos 1

In Noordwes het gewelddadige betogings regoor die provinsie voorgekom, en tradisionele leiers wil nou hê dat Cyril Ramaphosa ‘n dringende vergadering met hulle moet belê om die toenemende spanning in die provinsie te bespreek.

Chaos 2

Naby Grabouw in die Overberg moes die N2 hoofweg gesluit word weens gewelddadige betogings. Die betogers het verbygaande motors met klippe bestook en brandende buitebande in die pad geplaas.

Chaos 3

In Zandspruit, wyle Boerestaat Party leier Robert van Tonder se ou plaas wes van Johannesburg, het onluste ook opgevlam. Inwoners van die plakkerskamp het Beyers Naude-rylaan met brandende bande versper en motors by die kruising met Marinastraat met klippe bestook.

Chaos 4

Inwoners van Pelican Park in die suide van die Kaapse Skiereiland het ook oproerig geraak en die verkeer ontwrig, en die polisie moes hulle met rubberkoeëls en traanrook uiteen jaag. Hulle het paaie versper en motors met klippe bestook.

Chaos 5

Twee geboue, insluitende die munisipale kantore is op Steynsrus in die Vrystaat aan die brand gesteek.

Chaos 6

Joernaliste van die SAUK is van hul kameratoerusting en persoonlike besittings beroof terwyl hulle die betogings in Jouberton en Klerksdorp in Noordwes wou dek. Een van die joernaliste is na bewering ook aangerand.