Klag teen Spaanse televisiediens ingedien

Die banneling, Carles Puigdemont, wat deur die Duitse owerheid gevange geneem is, het deur sy regsverteenwoordiger ’n klag gelê teen ’n Spaanse televisiediens.

Televisiediens Telecinco het in Januarie vanjaar ’n SMS openbaar gemaak van Puigdemont wat hy aan een van sy voormalige ministers gestuur het.

Die klag is gelê met die bedoeling om die reg op vertroulikheid en geheimhouding oor private besit te beskerm teen doelbewuste oortreders.

Die SMS bevat geen geheime inligting nie, maar die openbaarmaking daarvan is ’n ernstige oortreding van die wet op vertroulike inligting.

Een SMS verwys na die omverwerping van Katalonië se onafhanklikheidsverklaring met die woorde “ons sien die laaste dag aanbreek van die Republiek van Katalonië”.

Foto – Carles Puigdemont