Kanselier Kurz waarsku Turkse politici

Anders as ’n vorige verkiesing van Turkye, toe hulle ook werwingswerk en vergaderings in Oostenryk gehou het, sal dit nie vanjaar met die vervroegde verkiesing toegelaat word nie.

Kanselier Sebastian Kurz het in ’n mediaverklaring gesê die Turke se verkiesingsveldtog sal nie in Oostenryk plaasvind nie, want dit is onaanvaarbaar en Oostenryk se soewereiniteit word daardeur aangetas.

Vroeër het Duitsland ook aangekondig dat Turkse politici nie toegelaat sal word om vergaderings te hou in die land nie.

Turkye se president Recep Tayyip Erdogan het ’n vervroegde algemene verkiesing aangekondig uit vrees dat die nuutgestigte opposisieparty moontlik te veel steun sal trek, en is ’n vroeë verkiesing wenslik omdat die party dan min tyd gegun word om belangstelling te wek.

Kanselier Kurz het gesê die Turkse politici sal nie toegelaat word in Oostenryk nie, en kan selfs vervolg word indien hulle wel sou poog om politiek te bedryf.

Foto – Kanselier Sebastian Kurz