Indië stel doodstraf in

In ’n poging om die verkragting van jong kinders onder die ouderdom van 12 jaar te beëindig, het die parlement van Indië ten gunste van die instelling van die doodstraf op sulke verkragters gestem.

Premier Narendra Modi se kabinet het die beginsel goedgekeur om daarmee die verkragting van jong kinders te voorkom, want tot hede kon verkragters van kinders net ’n lewenslange tronkstraf opgelê word.

Die verkragting van kinders in die ouderdomsgroep van 12 tot 16 jaar se maksimum straf verhoog van 10 jaar hardepad na 20 jaar agter tralies.

Die verkragting van volwassenes se straf word ook verhoog van sewe jaar na tien jaar om daarmee te poog om verkragting drasties te verminder wat in die afgelope jare skerp toegeneem het en groot maatskaplike probleme tot gevolg gehad het.

Fotot – Premier Narendra Modi